Ekonoom sê oor voertuigverkope

Die verkope van nuwe voertuie het in Februarie 1 102 eenhede bereik, wat net een voertuig minder is as in Februarie 2023. Dit verteenwoordig ‘n effense inkrimping van 0,1 persent op ‘n jaargrondslag maar ‘n toename van 16 persent maand-tot-maand. Volgens Simonis Storm het kommersiële voertuie wat 57,6 persent van die totale verkoopte eenhede uitmaak, die jaar-tot-jaar styging gelei. Die jaarlikse inflasie vir die vervoerkategorie, wat 14,3 persent van die verbruikersmandjie beslaan, het in Februarie op 6,5 persent gestaan. Alhoewel inflasie in hierdie kategorie gewoonlik gedryf word deur die koste van persoonlike vervoer, soos petrol- en dieselpryse, kan die onlangse styging hoofsaaklik toegeskryf word aan voertuigaankope, spesifiek motors. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, gepraat oor die pad vorentoe.