Ekonoom sê oor olieprys wat wipplank ry

Oliepryse het met 4 persent gedaal toe Opul+ produsente onverwags ‘n vergadering oor uitset wat vir Sondag beplan was, uitgestel het. Brent het tot net bo 79 Amerikaanse dollar per vat gedaal en verhandel tans net bo 80 dollar. Opul+ het sy ministeriële vergadering tot 30 November uitgestel. Die vergadering van Opul+, wat Saoedi-Arabië, Rusland en ander bondgenote en olieproduserende lande insluit, sou na verwagting verdere besnoeiings in produksie aangekondig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gepraat oor die olieprys se bewegings.