Ekonoom sê oor olieprys met toenemende spanning in Midde-Ooste

Die prys van Brent ru-olie het tot bo 74 Amerikaanse dollar per vat gestyg. Volgens Trade Economics is die toename te wyte aan ‘n groter wêreldwye aanvraag en stygende spanning in die Midde-Ooste. Die Federale Reserweraad se rentekoersverlaging en moontlike rentekoersverligting in China sal na verwagting brandstofverbruik verhoog. Markte kyk egter na ‘n komende toename in olievoorraad van Opul+ lande. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dawie Klopper, Suid-Afrikaanse ekonoom, wat meer inligting gee.