Ekonoom sê oor huismark, beleggings, ekonomie en repokoers

Die Namibiese repokoers staan tans op 7,75 persent en sal heel waarskynlik eers in die tweede kwartaal van volgende jaar begin daal. Die huismark is gedemp en die vraag is of dit gaan voortduur, en of daar ‘n oplewing sal wees met internasionale beleggers wat die eiendomsmark betree as gevolg van die opkomende olie-, gas- en groenwaterstofbedrywe. Kosmos 94.1 Nuus het met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, gesels.