Ekonoom sê EU-ontwoudingregulasies sal ons nie raak nie

Volgens Theo Klein, ‘n ekonoom by Oxford Economics Africa, maak Namibië se yl woudbedekking dit onwaarskynlik dat die Europese Unie se ontwoudingsregulasies ‘n groot uitwerking op uitvoere sal hê. Die regulasies teiken kommoditeite soos vee, soja, rubber, palmolie, hout, kakao en koffie en is daarop gemik om die verkryging van goedere wat verbind word met grond waar ontwouding plaasgevind het, stop te sit. Klein het die belangrikheid van Namibië se beesvleisuitvoere beklemtoon, waarvan meer as die helfte in die eerste kwartaal van die jaar na die EU gegaan het. Kosmos 94.1 Nuus het met Klein gepraat, wat uitbrei.