Ekonoom sê daar is tekortkominge in ekonomiese struktuur wat groei inperk

Namibië se huidige ekonomiese raamwerk is nie in staat om die land se uitdagings die hoof te bied nie, en ontleders is bekommerd oor die land se onvermoë om kwessies soos onder meer armoede, werkloosheid en ongelykheid aan te spreek. Volgens Jason Kasuto, vennoot van Monasa Advisory and Associates, het Namibië ‘n skewe ekonomie geërf toe dit in 1990 onafhanklikheid verkry het, met lae ekonomiese groei, inkomste-ongelykheid, armoede en ‘n “oorwegend ongeletterde bevolking”. Hy beklemtoon dat die struktuur van die Namibiese ekonomie nie oor die afgelope 50 jaar verander het nie. Om die land se ekonomiese uitdagings aan te spreek, sê Kasuto aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië moet belê in die ontwikkeling van ‘n bankbare bevolking.