Ekonoom së brandstofprys sal effe daal, of dieselfde bly

Die brandstofprys vir April sal volgende week Woensdag in werking tree. Olie het met meer as 7 persent in die afgelope 30 dae gedaal en in Suid-Afrika, is daar ‘n voorspelling vir ‘n daling in beide petrol en diesel. Robert McGregor, ekonoom by Cirrus in die hoofstad voorspel dat die prys of onveranderd is, of, dat daar ‘n klein daling kan kom. Hy sê daar is verskeie redes daarvoor.