Ekonoom sê brandstof of af, of dieselfde

Terwyl die verwagting is dat brandstofpryse in Suid-Afrika gaan daal in Julie, wag Namibiërs in spanning om te hoor wat plaaslik gaan gebeur. Dit is veral na die hoër elektrisiteitstariewe aangekondig is. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die brandstofpryse vandag of Maandag bekendgemaak sal word. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy voorspelling.