Ekonoom sê as brandstof styg, styg voedselpryse

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die impak van die styging in die brandstofprys op inflasie. Theo Klein van Simonis Storm sê die styging by brandstofpompe Woensdag gaan beslis ‘n impak op veral voedselpryse hê, asook die toerismesektor.