Ekonoom sal Russiese verdediging lei

Russiese president Vladimir Putin het sy jare lange bondgenoot Sergei Shoigu as minister van Verdediging verwyder en sê die land se stygende militêre besteding het vernuwing nodig. Shoigu, Rusland se langsdienende minister, het die weermag gelei deur sy inval in Oekraïne wat in 2022 begin het. Hy word aangestel as hoof van Rusland se Veiligheidsraad terwyl die gewese adjunk- eerste minister Andrei Belousov hom as minister van Verdediging vervang. Die Kremlin sê die een wat meer ten gunste van vernuwing is, is die een wat op die slagveld suksesvol sal wees.