Ekonoom: Prys van Brent-ruolie gaan nie vinnig daal

‘n Bekende ekonoom het gereageer op die prys van Brent-ruolie wat die eerste keer sedert Maart tot meer as 122 Amerikaanse dollar opgeskiet het nadat die Europese Unie ingestem het om sanksies in te stel teen twee-derdes van die olie wat Rusland aan lidlande uitvoer. In Maart, kort nadat Rusland die Oekraïne op 24 Februarie ingeval het, het dit die hoogste vlak in jare, 129 Amerikaanse dollar, 30 sent per vat getref. In Mei het Brent al 9,4 persent duurder geword. Beide Namibië en Suid-Afrika se branstofpryse styg na middernag. Ekonoom Dawie Roodt praat met Kosmos 94.1 Nuus

Roodt het ook gesê die enigste oplossing vir hierdie probleem is wanneer die konflik tussen Rusland en die Oekraïne tot ‘n einde kom.