Ekonoom gesels oor kruideniersware wat maand op maand duurder word
Kruideniersware word maand op maand duurder en sommige stygings is uiters hoog met byvoorbeeld komkommers wat met amper 100 persent gestyg het in die afgelope maand. Terwyl daar wel neigings in die mark is, veral met ingevoerde produkte wat van Europa af kom, is die stygings besig om onuithoudbaar te raak. Kosmos 94.1 Nuus het met Jason Kasuto van Monasa Advisory and Associates gepraat.