Ekonoom gee reaksie oor handelstekort

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op die handelsbalans wat steeds in ‘n tekort is. Dit het egter op ‘n maandgrondslag in Februarie met 86,2 persent verbeter en met 84,9 persent op ‘n jaargrondslag gemeet. Verliese van 3 miljard Namibiese dollar is in Januarie vanjaar aangeteken teenoor 2,8 miljard dollar wat in Februarie bereken is. Gedurende Februarie is diamante, uraan, goud en koper onder die top-uitvoere met vis wat ook onder die top-vyf is. Ekonoom Gabriel Erastus gee aan Kosmos 94.1 Nuus sy mening oor die handelsbalans-tekort.