Ekonomiese syfers dui goeie groei aan

Die Namibiese Statistieke-agentskap se jongste verslag oor die BBP sê dat die ekonomie steeds in ‘n positiewe rigting beweeg, met ‘n groei van 4,2 persent in 2023 relatief tot ‘n groei van 5,3 persent wat in 2022 aangeteken is. Volgens die agentskap dui hierdie groeikoers op die tempo waarteen die ekonomie uitbrei en dit dien as ‘n barometer van ekonomiese aktiwiteite. Die BBP is ‘n maatstaf van ‘n land se ekonomiese prestasie oor ‘n sekere tydperk, wat die totale geldwaarde verteenwoordig van alle goedere en dienste wat binne sy grense geproduseer word. Kosmos 94.1 Nuus het hieroor gepraat met Iipumbu Sakaria, die agentskap se woordvoerder.