Ekonomiese knyp sal vererger, VSA rentekoers sal verder styg

Reaksie word ontvang op die stygende inflasie in die VSA. Vir Augustus is dit teen 3,7 persent gemeet, op van 3,2 persent in Julie. Dit raak ons direk omdat wanneer Amerikaanse inflasie styg, styg daardie land se rentekoers en versterk die Amerikaanse dollar wat op sy beurt, uitdagings plaaslik veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, gesels.

Klopper sê die Amerikaanse rentekoers sal verder styg.