Ekonomiese groei in SA maak staat op krag

Groeiverwagting in Suid-Afrika leun swaar daarop dat beurtkrag geleidelik uitfaseer word en hoër vlakke van energiesekerheid bereik word as wat belowe is. Dit is volgens die vierde kwartaal van verlede jaar se Beleidsonsekerheidsaanwyser van Noordwes-universiteit se Sakeskool. Professor Raymond Parsons sê die aanstelling van ʼn nuwe Eskom-hoof is ʼn positiewe stap in die regte rigting. Hy sê die verwagte publikasie van die hersiene konsep- Geïntegreerde Hulpbronplan in die Staatskoerant moet krities beoordeel word.