Ekonomiese groei in China laer as verwag

China het in die tweede kwartaal laer as verwagte ekonomiese groei behaal, met alle oë op hoe top amptenare, wat byeen is vir ‘n sleutelvergadering in Beijing, gaan probeer om die land se ergerwordende ekonomiese probleme te hanteer. Amptelike statistieke dui aan die ekonomie het met net 4,7-persent gegroei in die tweede kwartaal van die jaar, wat die laagste koers is sedert vroeg-2023. Handelspanning met Amerika en die Europese Unie, wat Beijing se toegang probeer beperk tot sensitiewe tegnologie, sowel as die opskuif van heffings om hulle markte te beskerm teen goedkoop, gesubsidieerde Chinese ware, strem ook ekonomiese groei.