Ekonomiese druk: Namibië is kwesbaar, wat kan ons doen?

Die Namibiese ekonomie is nou verweef met die van Suid-Afrika, aangesien sowat 70 persent van invoere uit die buurland afkomstig is en die Namibiese dollar een-tot-een aan die Suid-Afrikaanse rand gekoppel is. Dit beteken enige negatiewe finansiële en ekonomiese verwikkelinge in die buurland het ‘n oombliklike uitwerking op die plaaslike ekonomie. Dit is een van die redes hoekom meeste huishoudings in Namibië swaar gebuk gaan onder hoër lewenskoste, met sommige kospryse wat meer as verdubbel het in die laaste dekade. Kitty McGirr, ‘n IPPR-navorsingsgenoot, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoekom Namibië deur wêreldwye veranderinge geraak word en hoe ons onsself daarteen kan verskans.