Ekonomie, werkloosheid, rampbestuur moet aandag kry – Winde

Die Wes-Kaapse regering eis ‘n regverdige nasionale befondsings-toewysing vir sy inwoners voor die finansminister, Enoch Godongwana, vandag sy minibegroting lewer. Premier Alan Winde sê regverdige befondsing is noodsaaklik om aandag te gee aan uitdagings soos lae ekonomiese groei en hoë werkloosheid. Hy wys op die tekort van 6,1 miljard Suid-Afrikaanse rand in rampbefondsing, wat noodsaaklik is vir voldoende hulpbronne om vir noodgevalle voor te berei en daarop te reageer: