Ekonomie knyp en dit raak plaaslike toerisme

Volgens Simonis Storm se gasvryheidstatistieke het die persentasie Namibiërs wat toerisme-ondernemings besoek het tot 23,1 persent in Februarie afgeneem, van 24,9 persent in Januarie en 33 persent in Februarie verlede jaar. Daar is egter optimisme vir die komende maande, te danke aan onafhanklikheid-aanbiedings deur Namibia Wildlife Resorts, wat ‘n 60 persent afslag bied tot 31 Maart, en die komende openbare vakansiedae. Soos gewoonlik het ‘n noemenswaardige 61,5 persent van die besoekers uit Europa gekom, wat ‘n verbetering was op die syfers van Februarie verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, oor wat ondernemings kan doen om meer Namibiërs te lok.