Ekonomie herstel goed, veral toerisme
Namibië se ekonomiese herstel, wat in die tweede kwartaal van 2021 begin het, het voortgegaan met twaalf opeenvolgende kwartale van positiewe groei. Dit het uitgeloop op sterk groei van 4,7 persent in die eerste kwartaal van die jaar. Dit is volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se jongste Namibië Kwartaallikse Ekonomiese Oorsig. Die oorsig fokus op die toerisme-sektor se bydrae, en die jongste beramings is dat toerisme direk meer as 14,3 miljard Namibiese dollar tot die ekonomie bygedra het, of 6,9 persent van die BBP. Sowat 57 571 mense was in die bedryf werksaam. Die indirekte bydrae is selfs meer, maar akkurate berekeninge is nog nie beskikbaar nie.