Ekonomie groei nie genoeg vir werkskepping nie

Standard Bank, saam met PwC Namibia, Liberty Life en Namibia Media Holdings het vanoggend ‘n bespreking oor die huidige begroting gehou. Die finansminister, Ipumbu Shiimi het tydens die sessie, sy kommer uitgespreek oor die beperkte ekonomiese groei wat werkskepping toelaat.