Ekonome stem ooreen, die repokoers sal onveranderd bly, vir nou
Met die jongste kredietverlening syfers vir September wat bekend is, is die repokoers weer in die nuus. Die repokoers is plaaslik onveranderd gehou en so ook in die VSA met die Federale Reserwebank wat sy aankondiging Woensdag gemaak het. Ontleders sê hulle voorsien dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank sy koers onveranderd sal hou op 23 November en dan so ook die Bank van Namibië me sy Desember aankondiging. Rentekoerse sal dan eers in die derde kwartaal van volgende jaar begin daal. Die plaaslike onafhanklike ekonoom Gabriel Erastus, stem saam met die voorspelling.