Ekonome bekommerd oor SA se ekonomiese toekoms

Ekonome spreek onsekerheid uit oor Suid-Afrika se ekonomiese toekoms te midde van koalisiesamesprekings en die komende verkiesing van die volgende president. Hulle glo ‘n regering van nasionale eenheid kan ‘n ernstige uitwerking hê op ekonomiese beleid en BBP-groeivooruitskattings raak. Die hoof-ekonoom van Citadel, Maarten Ackerman, lig uitdagings uit in sleutel-ekonomiese sektore en beklemtoon die belangrikheid van langtermynstrategieë om mark-onbestendigheid doeltreffend te hanteer.