Ekoloog reageer op COP29-ooreenkoms
Reaksie word ontvang op die 300 miljard Amerikaanse dollar wat bewillig is om ontwikkelende lande by te staan met die impak van klimaatsverandering, op die beginsel van die besoedelaar moet betaal. Ontwikkelende lande en aktiviste sê dis ‘n druppel in die emmer terwyl daar ook kommer is oor ‘n raamwerk vir die verantwoordelike aanwending van die fondse, wat in die ooreenkoms ontbreek. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat.