Ekandjo vaar uit teen LGBTQ-gemeenskap in parlement, raak vulgêr

Die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo het in die parlement uitgevaar oor die uitspraak van die hooggeregshof oor selfdegeslaghuwelike. Dit volg nadat die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila aangedui het die regering ‘n sal ‘n wetsontwerp oor huwelike voor die parlement ter tafel lê vir debat dat selfdegeslaghuwelike nie in Namibië erken word nie. Ekandjo is reeds jare bekend vir sy standpunt teen homoseksualiteit, en het destyds ook, saam met stigterspresident Sam Nujoma, teen die LGBTQ-gemeenskap uitgevaar. Hy sê hy was nie verniet vir jare agter tralies op Robben-eiland en het vir Namibië geveg sodat homoseksualiteit bevorder word nie. Hy nog ander vulgêre aanmerkings oor gay en lesbiese mense gemaak wat deur die adjunk-speaker Loide Kasingo verwerp is.