Ekandjo het seker ‘n berekeningsfout gemaak…

Terwyl die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, hulde aan ontslape oudpresident Hage Geingob gebring het, is die leierskap stryd in die party reeds sigbaar. Dit kom na veteraan Swapo-lid en ultra konserwatiewe politikus Jerry Ekandjo gesê het dat by die buitengewone kongres wat die party moet hou om die leierskapvakuum te vul, dat net mans in die top-vier van Swapo kan wees. Die party se adjunk-sekretaris-generaal Uehekua Herunga het aan plaaslike media gesê Ekandjo het seker ‘n berekeningsfout gemaak omdat die party ‘n 50-50 geslagsgelykheid-beleid volg.