Ekandjo bevraagteken belangrikheid van werker-ontplooiing gesprek in NV

Veteraan Swapo-parlementslid, Jerry Ekandjo bevraagteken die belangrikheid van ‘n mosie van PDM-wetgewer Lukas Hamata, om die skeiding van gesinne weens werkers wat ver van die huis af ontplooi word, te bespreek. Die huis hou hom nou ‘n geruime tyd met die onderwerp besig en kenners meen daar is baie belangriker sake wat onder die loep moet kom. Ekandjo vra of daar klagtes ontvang is en sê indien nie, is dit nie nodig om parlement daarmee te bemoei nie.