Eiser tree na vore in Amushelelo se bate-saak

‘n Eiser het na vore getree in die saak waar die aanklaer-generaal die bates van Michael Amushelelo in verband met sy verbrokkelde buitelandse valuta-beleggingskema wil oorneem. Ananias Shaanika eis 257 000 Namibiese dollar nadat hy in Maart 2019 in ‘n ooreenkoms met Amushelelo getree het en ‘n totaal van 167 000 dollar in sy maatskappye belê het. In sy stukke voor die hof sê hy dat hy geensins bewus was van die feit dat dit onwettige transaksies was nie. Sy mosie is vir 18 September beplan. Die saak kom vandag voor regter Thomas Masuku voor vir ‘n status verhoor.