Eise vir aanspreeklikheid na brand in psigiatriese eenheid
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan die brand in die psigiatriese eenheid van die Dr George Mukhari-akademiese Hospitaal in Ga-Rankuwa, Gauteng, ondersoek. Dit het die lewe geëis van die 35-jarige Lerato Mohlamme. Die provinsiale Gesondheidsdepartement sê die oorsaak is steeds onbekend. Mohlamme is in ‘n afsonderingskamer dood. Die kommissie se Zamantungwa Mbeki beklemtoon die brand moet behoorlik ondersoek word vir aanspreeklikheid.