Eindstryd: Geen Checkers pakkies nie, Bokke dra groen en goud
Die Springbokke speel Saterdag in die Wêreldbeker-eindstryd in Parys teen die All Blacks in hulle tradisionele Groen-en-Goud. Dit volg op ʼn ooreenkoms wat SA Rugby met Wêreldrugby aangegaan het om nie met die opskiet van ʼn muntstuk te bepaal wie is Span A en wie Span B nie, met Span B wat dan hulle alternatiewe uitrusting moet dra om te voorkom kleurblinde toeskouers word verwar. Bok-ondersteuners is nie beïndruk met die span se alternatiewe jade-truie nie. Argentinië mag ook Vrydag hulle blou-en-wit gestreepte truie dra in die wedstryd om die bronsmedalje teen Engeland.