Einde van beurtkrag in sig – Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sê die regering is vol vertroue dat die ergste agter die rug is en dat die einde van beurtkrag binne bereik is. Hy het die Staatsrede in Kaapstad gelewer. Hy sê die regering het ‘n duidelike plan om beurtkrag te beëindig, wat met doelgerigte fokus deur die Nasionale Energiekrisiskomitee ingestel word. Hy voeg by dat die energiesektor hervorm word om te verseker daar is nooit weer so ‘n krisis nie: