Eierpryse styg wêreldwyd

’n Studie deur Rabobank toon eier-verskaffers en -verbruikers sukkel om stygende pryse die hoof te bied. Volgens die lener aan die voedsel- en landboubedryf het die prys van eiers wêreldwyd rekordhoogtes bereik. Die aanwyser het ‘n hoogtepunt bo 250 bereik, wat beteken pryse is 2,5 keer hoër as die verwysingsjaar, 2007, en het sedert verlede jaar met meer as 100 persent gestyg. Die studie voorspel dat die pryse regdeur vanjaar hoog sal bly. Bydraende faktore sluit in die stygende koste van voer, uitbrekings van voëlgriep en ‘n groeiende verbruikersvraag.