Eiendomslenings van sowat N$95 miljoen betaalbaar

Kommersiële banke het 59 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Regters Ramon Maasdorp en Philanda Christiaan het altesaam 84 aansoeke hanteer. Daar was slegs agt reël 108- aansoeke op die rol. Daar is 28 eiendoms-lenings ter waarde van ‘n reusagtige sowat 95 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met 26 lenings waarop 33,51 miljoen dollar geskuld word. Vier voertuie moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Ramon Maasdorp 49 onverdedigde egskeidings hanteer.