Eiendomsdata gee rede vir versigtige optimisme: BetterBond

Die tussentydse uitvoerende hoof van BetterBond, Bradd Bendall, sê die maatskappy se jongste Property Brief gee rede vir versigtige optimisme, met ‘n effense verbetering in huisleningswaardes en -volumes. Dit dui op die moontlikheid dat die verstadiging die afgelope twee jaar in die eiendomsmark, agter die rug is. Bendall sê die nasionale gemiddelde huisleningwaarde is 1,2-persent hoër as in die afgelope twaalf maande, en huisleningvolumes het ook vanjaar met 20-persent gestyg.