Egumbo moes Nama-naam gehad het

Die Karas-streeksraad het die naam van ‘n 15,02 karaat-diamant, die Egumbo Star, wat onlangs deur Namdia onthul is, veroordeel. Joseph Isaack, voorsitter van Karas-streeksraad, sê die naam van die diamant in die Oshiwambo-taal skep die indruk dat dit die inwoners van die Suide-streek ondermyn. Hy meen ‘n naam in Nama-taal vir die diamant sou meer gepas gewees het, aangesien dit ontgin is in die Karas-streek waar dié taal deur die meerderheid van sy inwoners gepraat word.