Egipte stuur tenks na grens met Gaza

Egipte die afgelope twee weke sowat 40 tenks en gepantserde personeeldraers na die noordooste van Sinai gestuur, as deel van ‘n reeks maatreëls om veiligheid op sy grens met Gaza te versterk. Die ontplooiing het plaasgevind voor die uitbreiding van Israeliese militêre operasies rondom Gaza se suidelike stad Rafah, wat Egipte se vrese verskerp dat alle Palestyne uit die enklawe gedwing kan word. Israeliese oorlogsvliegtuie het Rafah, wat aan die grens lê, Vrydag gebombardeer en premier Benjamin Netanyahu het die weermag beveel om voor te berei om die ontheemdes te ontruim. Sedert die oorlog tussen Israel en Hamas uitgebreek het, het Egipte ‘n beton-grensmuur gebou wat ses meter diep in die grond reik en met doringdraad bedek is.