Egipte ondersoek uitbreiding van Suez-kanaal
Egipte ondersoek die uitvoerbaarheid van die uitbreiding van die Suez-kanaal om deurgangtye te verbeter en moontlike blokkering van die waterweg te voorkom. Die hoof van die Suezkanaal-owerheid, Osama Rabie, sê die studie kyk na die logistiese uitdagings en die vaartbelyning van die lewensbelangrike maritieme roete. Twaalf-persent van die wêreld se maritieme handel beweeg deur die kanaal. Rabie verwag die uitbreiding sal algehele veiligheid verseker vir vaartuie wat die kanaal gebruik. Die koste en sperdatums vir die afhandeling van die projek is nog nie bekend nie.