Egipte bou buffersone naby Rafah

Egipte bou ‘n kilometer-wye buffersone met ‘n muur aan sy grens met suidelike Gaza, te midde van toenemende vrese oor Israel se beplande grondoffensief in Rafah, waar meer as die helfte van Gaza se bevolking skuil. Satelliet-beelde wys ‘n beduidende gedeelte van die Egiptiese grondgebied tussen ‘n hoofweg en die Gaza-grens is omgedolwe. Die projek volg terwyl vrese toeneem dat die haglike humanitêre krisis in Gaza sal verdiep. Rafah is die laaste oorblywende toevlugsoord vir hawelose Palestyne.