Efundja: Vlakke is hoog maar stabiliseerFebruary 7, 2023
Die Namibiese Hidrologiese Diens sê watervlakke in die sentrale en oostelike dele van die Cuvelai-bekken is besig om te stabiliseer al is hulle is steeds hoog. Die aankondiging kom na berigte dat 460 huishoudings haweloos gelaat is en nog ‘n verdrinking, die tweede, is bevestig. Daar is sewe hervestigingspunte wat reeds geskep is. In die afgelope ses dae het vlakke by Okatana en die Okandjengedi-brug tussen Oshakati en Ongwediva gedaal. Die diens sê die vlakke is hoër as die wat in 2009, 2010, en 2011 gemeet is maar, het nog nie maksimum vlakke van 2011 bereik nie. Die diens sê hy monitor die situasie noukeurig, veral met reënval in die opvangsgebied in die Suide van Angola. Luidens die jongste voorspelling wil dit voorkom of neerslae daar tot 22 Februarie kan afneem.