Efundja: Eerste minister sê haar kantoor is gereed

Met die huidige efundja-vloede in die Noorde, gaan baie gesinne hul huise moet ontruim om na ‘n veiliger en droë gebied te verskuif. Inwoners en veral leerders is gewaarsku om nie vloedwaters oor te steek om skool toe te gaan. Een kind het reeds verdrink. Die werklike noodreaksie se verantwoordelikheid lê by die kantoor van die eerste minister by ramprisiko-bestuur. Eerste ministerie Saara Kuugongelwa-Amadhila sê aan Kosmos 94.1 Nuus haar kantoor staan saam met die landbouministerie aan die voorpunt van die vloed-kwessie en is gereed om bystand te lewer.