Efundja bereik Omusati

Die Omusati-streekgoewerneur, Erginus Endjala het bevestig die efundja vanaf Angola het die Omusati-streek bereik, terwyl ‘n ander stroom vanaf die Ohangwena-streek nader. Hy sê alhoewel die water teen ‘n stadige pas vloei, kan dit nie onderskat word nie. Endjala sê aan Kosmos 94.1 Nuus die streek se ramp-bestuurskomitee sal môre vergader om veiligheidsmaatreëls in plek te stel.