EFT-betalings na SA op 30 September tot ‘n einde

Die Bank van Namibië het bevestig dat elektroniese oordrag-betalings van Namibië na en van ander lande in die gemeenskaplike monetêre gebied op 30 September sal verander. Die lande is Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho. Die betalings sal via die SWIFT-platform verwerk word, wat koste- asook tyd-implikasies het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Josefina Oskar, die kommunikasiepraktisyn by die Bank van Namibië.

Debietorder-aftrekkings na en van Suid-Afrika sal nie meer moontlik wees nie, en kliënte word aangeraai om alternatiewe betaalmetodes te reël.