Effe meer werk in vervaardiging

Werkverskaffing in die vervaardigingsektor het op ‘n jaargrondslag toegeneem in die laaste kwartaal van die jaar maar, het gedaal in handel. Die Bank van Namibië se kwartaallikse verslag toon dat vervaardiging 0,9 persent meer werkers aangestel het vergeleke met verlede jaar en op ‘n kwartaallikse basis het werkverskaffing het 1,7 persent gegroei. Maar in groot- en kleinhandel, het werkverskaffing met 0,8 persent gedaal. Dit is veral gesien in die klere- en voertuig-sektore. Een van die grootste uitdagings vir die vervaardigingsektor se mededingendheid is die koste van arbeid wat met 10,6 persent in die laaste kwartaal gestyg het.