Effe meer Amerikaners wil kernkrag ontwikkeling sien

Amerikaners is gelyk verdeeld oor of kernenergie ‘n bron van elektrisiteit in die VSA moet wees, met 51 persent ten gunste en 47 persent daarteen gekant. Drie jaar gelede was die twee groepe gelyk op, op 49 persent terwyl die meerderheid, 54 persent in 2016 teen kernkrag gekant was. Die hoër ondersteuning vir kernenergie wat vroeër waargeneem is, het waarskynlik verband gehou met stygende olie- en petrolpryse in daardie tydperk, wat kernkrag meer aantreklik maak as ‘n bekostigbare alternatief.