EFF weer in die sop

In Suid-Afrika is die EFF se sekretaris-generaal, Marshall Dlamini, skuldig bevind aan aanranding en opsetlike saakbeskadiging, vir sy betrokkenheid by ‘n onderonsie met ‘n polisieman by die parlement. Die Kaapstadse Streekhof het hom daaraan skuldig bevind dat hy Johan Carstens in Februarie 2019 aangerand het tydens ‘n gestoei ná die staatsrede. Hy het Carstens in die gesig geslaan en sy bril gebreek. Vonnisoplegging is geskeduleer vir 31 Mei.