EFF verwerp ook die nuwe gesondheidsversekering

Die EFF het die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering beskryf as een van die grootste skelmstreke wat die ANC nóg voorgestel het. Die wetsontwerp wat in Augustus 2019 in die Parlement voorgelê is en universele gesondheidsdekking vir almal wil hê, is met die ANC se meerderheid deur die Nasionale Vergadering aanvaar. Naledi Chirwa van die EFF sê die enigste manier om ‘n tweedelige stelsel uit te wis, is nasionalisering en nie deur gesondheidsorg op tender te sit nie: