EFF verwerp gesondheidsversekering

Die EFF sê die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering is ʼn onwerkbare model en sal nie die gaping tussen dienste aan ryk en arm oorbrug nie. Die wetsontwerp is deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar en die Wes-Kaap was die enigste provinsie wat daarteen gestem het. Die wetsontwerp wil universele gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners bring. Mmabatho Mokause van die EFF sê hulle verwerp die wetsontwerp omdat dit gesondheidsorg aan die privaat gesondheidsorgbedryf gaan uitkontrakteer, wat verryk sal word: