EFF veroordeel kwytskelding van Ramaphosa oor Phala Phala

Die EFF het die waarnemende Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka se bevindinge verwerp wat President Cyril Ramaphosa vryspreek van wangedrag. Gcoleka sê Ramaphosa het nie onbehoorlik opgetree ná die voorval by sy wildsplaas in Limpopo in 2020 nie. In haar voorlopige verslag sê Gcoleka die president het na behore sy belange in sy boerdery verklaar. Sy het ook bevind ander aantygings teen Ramaphosa oor die Phala Phala-saak is ongegrond. Die nasionale woordvoerder van die EFF, Sinawo Tambo, sê die verslag is onsinnig: