EFF-skorsing van Parlement bly van krag

Die buurland se Parlement het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit verwelkom om die EFF se dringende aansoek om die skorsing van ses van sy parlementslede om te keer, met koste van die hand te wys. Dit sluit die leier, Julius Malema, en adjunkpresident Floyd Shivambu in. Hulle is aan minagting van die Parlement skuldig bevind nadat hulle verlede jaar in Februarie tydens president Cyril Ramaphosa se staatsrede die verhoog bestorm het. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die EFF-lede se skorsing geld van die eerste tot die 29ste van volgende maand: